top of page
Marsha 1_edited.jpg
Marsha 3.jpg

Marsha
Bothma

Crescendo-finalis 2022

BIO

Marsha Bothma, joernalis, sanger/liedjieskrywer, opnamekunstenaar en ATKV-Crescendofinalis in 2022, sing al sedert sy agt jaar oud is. Op twaalfjarige ouderdom het sy vir die eerste keer haar hand aan liedjieskryf gewaag. Hierdie liefde vir musiek was die eerste stap om uiteindelik in 2022 as 'n deelnemer aan ATKV-Crescendo se mentorskapprogram gekies te word. Vanjaar tree sy ook op as een van die mentors in hierdie projek.

 

Die musiek wat uit haar pen verskyn, reflekteer haar liefde van R&B, Afrikaans, gospel, pop en house om maar net 'n paar te noem. Deur haar komposisies is sy in staat om 'n prettige, dog introspektiewe styl, te skep oor enigiets wat haar na aan die hart lê. As uitvoerende kunstenaar is sy bekend vir haar strelende stem en lewendige energie wat haar help om direk met die gehoor te kommunikeer.

 

In Maart 2024 het sy haar debuutalbum Gereed vrygestel. Een van die liedjies wat op die album gehoor kan word, is die Christa Steyn-treffer Ek wil vir jou wat sy saam met voormalige Crescendo-wenner Anna Davel op geneem het. Vlam in my hart en Hy lig my op is as musiekvideo’s op verskeie stroomplatforms vrygestel. Haar man, Adrian, kan saam met haar op Lief vir jou gehoor word.

 

Marsha se liedjie Stronger het die nommer 1-posisie op Heart FM Top 10 en Radio Awakening beklee. Verder kan sy spog met die feit dat hierdie liedjie op meer as veertig plaaslike en internasionale radiostasies gespeel is.

 

Marsha se liedjie Stronger het die nommer 1-posisie op Heart FM Top 10 en Radio Awakening beklee. Verder kan sy spog met die feit dat hierdie liedjie al op meer as veertig plaaslike en internasionale radiostasies gespeel is.

Let's Get
Social

  • Youtube
  • TikTok
  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
Marsha 1_edited.jpg
bottom of page