top of page
IMG-20221215-WA0010.jpg
IMG-20221215-WA0010.jpg

Lucia Poggenpoel

2023-finalis, liedjieskrywer/sangeres

BIO

Lucia Poggenpoel, 'n Pretorianer wat ’n B.Mus.-graad aan die Universiteit van Noordwes behaal het, was nog altyd lief vir musiek. In die laerskool het sy in die koor gesing en klavierlesse geneem. “Maar dit was eers op hoërskool,” vertel Lucia, “toe ek vir my klavierjuffrou ’n solo gesing het dat die sanggogga my eers behoorlik gebyt het.”

​

Lucia se talent in die kunste is egter nie net tot musiek beperk nie. Tydens haar studies het sy ’n professionele dramadiploma voltooi en in 2017 besluit sy om die drade van musiek, dans en drama bymekaar te bring deur ’n Graad 8-musiekteatereksamen te verwerf. Benewens klasgee, tree Lucia dikwels as ’n sessiemusikant op. In 2023 is sy gekies om die ATKV se musiekmentorskapprogram in die Paarl by te woon.

​

“Die program het ekstra baie vir my beteken omdat dit gehou is in die Paarl waar my broer ook gebly het. Hy is so twee jaar gelede oorlede en ek het baie gesukkel om dit te verwerk. Die mentorskapprogram het my die geleentheid gegee om deur my hartseer te werk. Liedjie-skryf is vir my baie genesend.”

 

ATKV-Crescendo is vir Lucia baie meer as net ’n mentorskapprogram. “Die mense wat by hierdie projek betrokke is, het my nie met musikaal nie, maar ook emosioneel laat groei.

Kom ons praat!

  • Facebook
  • Instagram
11701143_10207197415677261_2789871688104264331_n (1).jpg
bottom of page