

Jarrod
Morkel
Mentor en bemarkingstrateeg
MEER OOR JARROD
Sedert ek die eerste keer bewus geword het van die wêreld van kuns, ontwerp en handelsmerkgewing, was dit my droom om een van die bestes te wees. ’n Paar jaar later ... en dit is steeds my begeerte.
Om hierdie rede streef ek daarna om voortdurend my kennis uit te brei en my vaardighede te verfyn, nie net op die gebied van ontwerp nie, maar ook in die sfeer van menslike gedrag, want die idee dat kuns, ontwerp en handelsmerkgewing in isolasie kan plaasvind is bloot futiel en sinneloos. As kreatiewe wesens, skep ons nie net vir onsself nie, maar ook vir ander. Daarom is dit so noodsaaklik om die menslike kondisie te verstaan.
Ek is nie jou tipiese kreatiewe siel nie – ek dink diep, droom maklik en los probleme onverskrokke op. In wese is ek ’n spanspeler met ’n onversadigbare dors na kennis met die vermoë om enige proses seepglad te laat verloop. Hierdie eienskappe het my in staat gestel om organisatoriese kultuur te omskep in ’n samewerkende ruimte gevul met vertroue en respek.
Dit is vir my ’n voorreg om in ’n vennootskap met ATKV-Crescendo te wees, want ek werk graag met instansies wat groei omhels, verder as vandag dink, en meer waarde aan mense as aan wins heg.