top of page
gershwin 1.jpg

Gershwin
Koen

Mentor, musikant en musiekpromotor

MEER OOR GERSHWIN

Met ’n naam soos Gershwin, vernoem na die befaamde komponis George Gershwin, kon dit nie anders dat hierdie boorling van Mitchells Plain se bestaan van kleins af rondom musiek gedraai het nie.

 

Hy het sy musikale reis begin met die speel van blokfluit en optredes saam met die kerk se prys-en-aanbiddingspan. Later het hy sy hand aan kitaar en klavier gewaag, maar uiteindelik sy passie by baskitaar gevind.

 

Vir die afgelope twintig jaar is Gershwin Koen ’n sessiemusikant vir verskeie kunstenaars tydens optredes en studio-opnames. As ’n musiekvervaardiger het hy al byna 300 liedjies vervaardig, waarvan ’n hele paar aan die bokant van die trefferlyste van plaaslike en internasionale radiostasies geboer het. Verskeie van die albums en enkelsnitte waaraan hy gewerk het, is al vir toekennings benoem. In 2020 het hy ’n Amerikaanse toekenning vir die beste internasionale gospelvervaardiger ontvang. Blaqpearl, Chad Saaiman, Shana Ray, Jonathan Rubain, Varonica Meyer, Jason Pretorius, Sarah Jane Thomas en Marsha Bothma is maar net ’n paar van die kunstenaars saam met wie hy al gewerk het.

 

Deesdae is hy ook ’n radiopromotor wat liedjies namens ongeveer 300 kunstenaars en bands na ongeveer ’n 1 100 radiostasies wêreldwyd stuur. “Ek weet hoe dit voel om ’n goeie liedjie te skryf en te vervaardig en dit kom net nêrens as gevolg van ’n gebrek aan finansies en kennis nie. Met hierdie diens hoop ek om kunstenaars te help om hulle liedjies aan radiostasies bekend te stel en lugtyd vir hulle liedjies te kry.”

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
Alzanley Noome 1.jpg
bottom of page