top of page
thumbnail_Ixa__Railway_2022-12_edited.jpg
ixa 1.jpg

Ike 

Adonis

Mentor, talentsoeker en kunstenaar

MEER OOR IKE

Ike Jericho Adonis (aka Ixa) is 'n Afrikaanse rymkletser, liedjieskrywer, musiekvervaardiger en platejoggie van Walvisbaai, Namibië. Alhoewel sy musiek in die bedryf as hip-hop geklassifiseer word, noem hy dit “hip-hoop”. “Miskien klink dit vreemd vir ander,” verduidelik hy, “maar ek voel die Here het my deur musiek gered. Hip-hop het my hoop gegee.”

 

Met sy skerpsinnige, motiverende woorde, nie net in sy musiek nie, maar ook deur sy sosialemediaplatforms, hoop hy om sy aanhangers positief te beïnvloed.

 

Deur die loop van sy musikale loopbaan tot dusver het hy geleentheid gehad om in Nederland op te tree en die verhoog met Suid-Afrikaanse swaargewigte HemelBesem en EarlyB te deel.

 

Ixa is sedert 2024 deel van die ATKV-Crescendofamilie as Namibië se talentsoeker en vanjaar is hy ook ’n mentor om die finaliste tydens die mentorskapprogram touwys te maak.

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
Alzanley Noome 1.jpg
bottom of page