top of page
WhatsApp Image 2025-03-19 at 12.17.28.jpeg
sarah pic.jpeg

Sarah
Theron

Mentor en kunstenaar

MEER OOR SARAH

Sangeres, aktrise en ATKV-Crescendo-mentor Sarah Theron was reeds as tiener mal oor die verhoog. “Ek is R80 betaal om te sing en in 1979 was dit ’n fortuin!,” verklap sy. Vandag is sy een van daardie kunstenaars wat al op verskillende terreine in die vermaaklikheidswêreld ’n merk gemaak het.
Sy studeer drama aan die Universiteit van Stellenbosch en die Tswane-universiteit van Tegnologie (destyds Pretoria Technikon). In 1989 word die Frans Marx-beurs vir die mees belowende dramastudent aan haar toegeken. Ná afloop van haar studies maak sy haar merk as sangeres, stemkunstenaar en aktrise. Haar vertolking van Baby Botha in die Frans Marx-sepie Egoli is waarskynlik dié rol wat haar onder Suid-Afrikaners bekend gemaak het.
Benewens talle ander pryse en toekennings is een van Sarah se hoogtepunte in haar loopbaan tot dusver toe sy in 2009 die negende plek verower het in die Eurovision World Peace-sangkompetisie met Dearest Madiba/Briefie vir Madiba.
Sy is vir die afgelope paar jaar ’n onontbeerlike lid van die ATKV-mentorskapprogram, wat finaliste as stemafrigter touwys maak oor verskillende aspekte van vertolking. 

Kom ons gesels!

  • Facebook
  • Instagram
Alzanley Noome 1.jpg
bottom of page