

Babette
Viljoen
Finalis, mentor en kunstenaar
MEER OOR BABETTE
Babette Viljoen maak reeds van ’n jong ouderdom af musiek en bespeel verskeie instrumente. Sy verwerf 'n meestersgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Noordwes-Universiteit. Haar musiekloopbaan kry ’n hupstoot toe sy in 2011 as wenner van die gesogte ATKV Crescendo-liedjieskryfkompetisie aangewys word.
Van die ander hoogtepunte in haar loopbaan tot dusver is onder andere ’n toekenning vir die Beste Musiekgedrewe Produksie by Aardklop (2018, vir Krog) en benoeming vir 'n kykNET Fiësta (2020, vir ALTEmit a capella).
Benewens optredes by verskeie plaaslike kunstefeeste werk sy ook as 'n sessiemusikant vir ander kunstenaars, opnames, films en ateljees. Sy is veral trots op die geleentheid wat sy gehad het om as trekklavierspeler vir William Kentridge se The Head and the Load in 2022 te kon optree.
Babette woon tans in Kaapstad waar sy as vryskutmusikant, liedjieskrywer, musiekonderwyseres, begeleier en orrelis van die NG-moedergemeente in Somerset-Wes werk. Saam met Crescendo-medefinalis Olga Leonard is sy mededirekteur van BO-produksies.