

Olga
Leonard
Finalis, mentor en kunstenaar
MEER OOR OLGA
Olga Leonard verwerf ’n MMus in Uitvoerende Kuns aan die Universiteit van Pretoria. Verder spog sy met ’n onderwyslisensiaat, voordraerslisensiaat en nagraadse onderwyssertifikaat (NGOS) agter haar naam.
In 2011 kruis haar paaie met die ATKV toe sy as finalis in ATKV-Crescendo se liedjieskryfkompetisie aangewys word. In 2018 ontvang sy saam met medementor Babette Viljoen die prys vir die Beste Musiekgedrewe Produksie by Aardklop vir Krog en in 2020 ’n benoeming vir 'n kykNET Fiësta vir ALTEmit a capella.
Sy tree gereeld op by kunsfeeste (KKNK, Aardklop, US-woordfees, Grahamstad), teaters en konsertsale. Sy is ook begeleier, klavieronderwyser, komponis en musiekdirekteur van NGK Sonnekus in Milnerton. Olga en Babette is mededirekteure van BO-produksies.