top of page

MEER OOR GRACIA
Gracia Louw is ’n storieverteller, vermaakkunstenaar, digter en spreker. Sy is die stigter van Bly Staan, ’n inisiatief wat daarop gemik is om deur storievertelling mense aan te moedig om ten spyte van omstandighede te “bly staan”. Haar passie vir sosiale transformasie deur van die kunste gebruik te maak, het haar die geleentheid gegee om vir South Roots Internasionaal te werk. Oor die afgelope aantal jaar het sy die voorreg gehad om in meer as tien lande as kunstenaar, digter en spreker op te tree. Sy is as mentor, kunstenaar en sosialemediastrateeg by ATKV-Crescendo betrokke.
bottom of page